top of page

FASILITEITE EN LIGGING

 

Hoërskool Stellenbosch is geleë in een van die mees skilderagtige areas in die oudste universiteitsdorp in Suid-Afrika. Die skool word omring deur berge, is naby die Eersterivier, oorkant die straat van die Jan S. Marais-park, en in ‘n rustige, gevestigde en boomryke woonbuurt. Die skoolgeboue en velde is uitstekend toegerus om te onderrig, te leer, te speel, te sosialiseer, om bymekaar te wees en nog individu te bly.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

As ons dit vergelyk met ‘n motor: Dit is netjies buitekant, ruim binnekant en ‘n voertuig waarmee die 5 jaar langpad aangedurf kan word. Dit kan ook die uitdagings van stadsverkeer maklik  hanteer. Dit het ‘n praktiese kant, jy word geleer om te stop en weg te trek, met gemak aan te pas, ratte te verander as jy lewens-steiltes nader en in gemak en weelde by jou naskoolse bestemming aan te kom. Die voertuig het veiligheidseienskappe  ingebou, is aanpasbaar vir emosionele padtoestande, modern, en is aantreklik. 

 

 

  • Klaskamers: 21, so goed as moontlik toegerus, banke, tafels, witborde. Die proses om elke lokaal van ‘n rekenaar en projektor te voorsien is aan die gang.

  • Gasvryheidstudie-lokaal: Uitstekend toegerus, bestaan uit onderrig-area, kombuis, spens en restaurant.

  • Kantore (waar onder andere hulp en ondersteuning aan leerders verskaf word) vir skoolhoof, adjunkhoofde, departemensthoofde, opvoedkundige sielkundige, administrasie, finansies, swerf-personeel, sporthoof, terreinbestuurder.

  • Wetenskap Laboratoriums: volledig toegerus

  • Rekenaarsentrums (2) asook IT-kantoor waarvandaan rekenaars beheer word

  • Biblioteek/Leeskamer, drama-lokaal, werkkamer, asook kopieër-lokaal vir personeel

  • Personeelkamer en kombuisgeriewe

  • Snoepie-area, noodhulplokaal, houthuisie en braai-geriewe

  • Voorportaal waar konserte en byeenkomste aangebied word. Geriewe vir gesprekke en vergaderings vir leerders en onderwysers, komitees

  • Saal waar ons as skool bymekaarkom.

  • Musiek-lokale en Musiek-laboratorium, drom (vir oefen) -lokaal

  • Store, kleedkamers, boekwinkel, klerewinkel

  • Sport: tennisbane, rugbyvelde, krieketveld, hokkiebane, sokker-veldjies, atletiekbaan, krieket-oefennette, krieket-huisie, netbalbane, buitelug-oefenterrein

  • Lapas en afdakkies vir sosialiseer, skaduwee, byeenkomste, vergaderings, gemeenskapsbou-projekte, beplanning, sommer-net-sit

  • Kunslokaal vir onderrig gr 8 – 9

  • Ligte wanneer dit donker is – Terrein en geboue en spesifiek die netbalbane is goed verlig

  • Koshuis volledig toegerus vir meer as 200 leerders

  • Bome en struike en blomme: sommer baie, asook geplaveide voetpaadjies

  • Berge: bykans reg rondom

 

 

 

bottom of page