top of page

Welkom by HS Stellenbosch

Mnr. T. H. Pellissier, Skoolhoof

Waarheen lei jy ‘n skool of instansie wat reeds suksesvol is? ‘n Skool met gelukkige leerders en ‘n goed toegeruste, entoesiastiese personeel. ‘n Skool met uitstekende geriewe, ‘n vol koshuis en ‘n waglys vir voornemende leerders.

 

Laurence Boldt maak die volgende stelling: “The new economy favours people with qualities like self-motivation, initiative, flexibility, ability to work with a team, and the capacity to learn and adapt to change.”

 

As skoolhoof van Hoërskool Stellenbosch wil ek sien dat elke leerder toegerus is vir hierdie uitdaging en dus is my ideaal: hoogstaande akademiese opleiding wat blootstelling en onderrig insluit wat meer is as die vereiste sillabus; wye blootstelling en ontwikkeling op sportiewe vlak wat leerders instaat stel om kompeterend genoeg te wees om as ‘n faktor geag te word, sowel as integrasie van kultuur deur kuns, drama en musiek en op skoolvlak om kreatiewe en gekultiveerde jongmense te vorm.

bottom of page